Revelation 21:17 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook die muur van die stad gemeet. Dit is 144 el hoog. (Die engel het volgens ’n aardse maat gemeet.)
Afrikaans 1933/1953 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens 'n mens se maat, wat die maat van 'n engel is.
Afrikaans 1983 Hy het ook die muur om die stad gemeet. Dit is honderd vier en veertig meter hoog. Die engel het die mate van mense gebruik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook die muur van die stad gemeet – honderd vier-en-veertig el hoog in mensemaat, wat ook die engelemaat is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die muur ook gemeet. Dit was 144 el hoog. Die engel het gemeet hoeveel el dit was, soos mense altyd 'n el meet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook die hoogte van die muur gemeet. Dit het volgens menslike mate 144 meter hoog gestaan.