Revelation 21:16 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die stad is vierkantig uitgelê, sy lengte dieselfde as sy breedte. Hy het toe die stad met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en ook die hoogte daarvan is dieselfde — 12 000 stadia. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. |
| Afrikaans 1983 | Die stad is vierkantig, net so lank as wat hy breed is. Hy het die stad toe met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en die hoogte daarvan is dieselfde, twaalf duisend kilometer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die stad is vierkantig uitgelê, haar lengte is dieselfde as haar breedte. Hy het toe die stad met die meetstok gemeet, twaalfduisend stadion – die lengte, breedte en die hoogte daarvan is dieselfde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die stad was vierkantig: dit was so lank soos dit breed was. Die engel het die stad gemeet: dit was 12 000 stadioi lank en 12 000 stadioi breed en 12 000 stadioi hoog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die stad was vierkantig; dit was net so lank as wat dit breed was. Die engel het toe die stad gemeet. Dit was 12 000 kilometer lank. Sy breedte en hoogte was presies dieselfde. |