Revelation 21:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is, en sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het my toe in die Gees na ’n groot en hoë berg geneem en die heilige stad Jerusalem, wat van God af uit die hemel afgekom het, aan my gewys. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; |
| Afrikaans 1983 | Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na 'n groot hoë berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het my toe deur die Gees na 'n groot en hoë berg geneem, en aan my die heilige stad Jerusalem gewys wat van God uit die hemel neergedaal het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Gees het in my gekom, en die engel het my na 'n groot, hoë berg geneem. Toe het hy vir my die gewyde stad, Jerusalem, gewys. Die stad het afgekom uit die hemel, van God af. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê vir my: “Kom, ek wil vir jou die bruid wys, die vrou met wie die Lam gaan trou.” Hy vat my toe in die gees na ’n massiewe, hoë berg toe. Daar wys hy my dit toe: die stad wat God s’n is, |