Revelation 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het opgetrek oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe van oor die hele breedte van die aarde af opgetrek en die laer van hulle wat aan God toegewy is, en die geliefde stad omsingel. Daar het egter vuur van die hemel af op hulle afgekom en hulle verteer.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Afrikaans 1983 Hulle het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur van die hemel af gekom en hulle verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het van oor die breedte van die aarde opgeruk, en die laer van die •heiliges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur uit die hemel neergedaal en hulle verteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gekom om oorlog te maak. Daar was baie soldate, hulle was daar so ver soos 'n mens kan sien. Hulle het rondom die kamp van God se mense gegaan en ook rondom die stad van God. God was lief vir hierdie stad. God het vuur uit die hemel laat kom en die vuur het sy vyande doodgebrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal miljoene van hulle wees, so baie soos die sand van die see. Hulle sal oor ’n wye gebied optrek en die woonplek van God se mense, asook die stad wat God liefhet, omsingel. Maar daar sal vuur uit die hemel op hulle neerbrand en hulle verbrand.