Revelation 20:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal uittrek om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog; hulle getal is soos die sand van die see. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal dan daarop uit wees om die nasies tussen die vier hoeke van die aarde, die Gog en Magog, te verlei en om hulle te monster vir die oorlog. Getallegewys is hulle so baie soos die sand van die see. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal hy optrek om die nasies tussen die vier uithoeke van die aarde, die Gog en Magog, op 'n dwaalspoor te lei, en om hulle te mobiliseer vir die oorlog. Hulle getal is soos die sand van die see. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Satan sal uitgaan om vir die mense van al die volke dinge te laat glo wat nie waar is nie. Hy sal die volke, die Gog en Magog, bymekaar laat kom by die vier hoeke van die aarde. Hulle sal so baie wees soos die sand van die see. Hy wil hê hulle moet oorlog maak teen God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Satan sal skaars uit die tronk wees of hy sal al die mense, oor die hele wêreld, begin mislei. Hy sal hulle - dit is die Gog en die Magog - ompraat om saam te kom vir oorlog. |