Revelation 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geseënd en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hierdie mense het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees, en sal saam met Hom die 1 000 jaar lank as konings regeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. |
| Afrikaans 1983 | Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom die duisend jaar lank regeer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig en heilig is die een wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die tweede dood nie mag nie. Hulle sal priesters van God en van Christus wees, en saam met Hom 'n duisend jaar lank regeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, God sal sy mense weer laat lewe wanneer dit die eerste opstanding is. Daardie mense is gelukkig! Hulle behoort aan God! Die tweede dood kan niks aan hulle doen nie! Hulle sal vir God en vir Christus dien en hulle sal 1 000 jaar lank saam met Christus regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie mense wat so opstaan, is baie gelukkig. Hulle is God s’n. Die tweede dood sal hulle nie kan beetkry nie. Hulle sal vir ewig leef en God en Christus dien met alles wat hulle het. Saam met Jesus sal hulle 1 000 jaar lank oor alles heers. |