Revelation 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En gooi hom in die afgrond en sluit hom toe en sit 'n seël op hom, dat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar vervul sou wees nie; en daarna moet hy 'n kort tydjie ontbind word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die engel het hom in die bodemlose put gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie langer die nasies sou verlei totdat die 1 000 jaar verstryk het nie. Daarna moet hy vir ’n klein rukkie losgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie ontbind word. |
| Afrikaans 1983 | Hy het hom in die onderaardse diepte gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie. Daarna moet hy 'n klein rukkie losgelaat word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hom toe in die onpeilbare diepte gegooi, dit toegesluit, en dit bokant hom verseël, sodat hy nie meer die nasies op 'n dwaalspoor sou lei nie, totdat die duisend jaar verstryk het. Daarna moet hy vir 'n kort tydjie losgelaat word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het hom in die onderwêreld gegooi en hom daar toegesluit, heeltemal toe. Toe kon die draak 1 000 jaar lank nie meer vir die mense van die volke dinge laat glo wat nie waar is nie. Maar ná die 1 000 jaar moet die draak 'n kort tydjie uitkom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe boender die engel hom in die onderaardse diepte in en maak die ingang deeglik toe sodat niemand dit oop of toe kan maak nie. So sal dit 1 000 jaar lank bly. Die volle 1 000 jaar sal die draak nie meer die mense op die verkeerde pad kan lei nie. As die 1 000 jaar verby is, moet die draak ’n klein rukkie weer losgelaat word. |