Revelation 20:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die see het die dooies gegee wat daarin was; en die dood en die doderyk het die dode oorgegee wat in hulle was, en hulle is elkeen geoordeel volgens sy werke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat daarin was, en hulle is elkeen geoordeel volgens wat hulle gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. |
| Afrikaans 1983 | Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was, en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die see het toe die dooies wat daarin is, teruggegee, en die dood en Hades het die dooies wat daarin is, teruggegee. Elkeen is volgens hulle dade geoordeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, al die mense het weer begin lewe: die mense wat in die see gesterf het, en ook die mense wat gesterf het en wat in die doderyk was. God het gekyk wat hulle gedoen het en Hy het hulle almal ge-oordeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat in die see verdrink het, het lewendig geword. Al die mense, hoe hulle ook al dood is, het lewendig geword en voor die troon verskyn. Elkeen moes God se oordeel aanhoor, volgens hoe hy geleef het. Daarna het God die moontlikheid van die dood ook vernietig. |