Revelation 20:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is, en sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Satan wat hulle verlei het, is daarop in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die monster en die vals profeet ook reeds is. Daar sal hulle dag en nag vir altyd gefolter word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Duiwel wat hulle op 'n dwaalspoor gelei het, is toe in die poel van vuur en swael gegooi waar die dier en die vals profeet ook is. En hulle sal dag en nag gefolter word, vir ewig en ewig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het die duiwel in die see van vuur en swael gegooi, die duiwel wat die mense dinge laat glo wat nie waar is nie. Die duiwel was toe saam met die dier en die vals profeet in die see van vuur en swael. Daar sal hulle elke dag en elke nag brand en baie seer kry, vir altyd en altyd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die duiwel wat hulle so mislei het, sal in die see van vlamme en swael gegooi word. Dit is waar die dier en die vals profeet ook is. Dié drie sal daar dag en nag, sonder ophou, van die pyn krul. |