Revelation 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê; Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat in die middel van die paradys van God is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê. Elkeen wat aanhou oorwin, sal Ek laat eet van die boom van die lewe wat in die paradys van God staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Laat dié wat ore het, luister na wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan wie oorwin, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe wat in God se paradys staan.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees! As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou die vrugte gee van die boom wat lewe gee, die boom wat in God se tuin is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Spits julle ore! Luister na die boodskap van die Heilige Gees. Dit is vir julle, die gelowiges, bedoel. Wie nie langs die pad uitval nie, maar enduit volhou, sal Ek beloon. Hy sal mag eet van die “boom van die lewe” wat in God se tuin, die paradys, staan. As iemand eers van hierdie boom se vrugte geëet het, sal hy nooit doodgaan nie. |