Revelation 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos die voorwerpe van 'n pottebakker sal hulle verbreek word, soos Ek van my Vader ontvang het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal die nasies met ’n ysterstaf beheer en hulle soos kleipotte stukkend breek.
Afrikaans 1933/1953 en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.
Afrikaans 1983 Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer, hulle soos kleipotte stukkend slaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal hulle as 'n herder lei met 'n ysterstaf, en hulle soos kleipotte stukkend slaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal kwaai oor hulle regeer, soos 'n koning wat met 'n yster-septer regeer. Jy sal met hulle doen wat jy wil, soos wanneer iemand kleipotte stukkend slaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [27-28] Die Vader het presies daardie mag vir My gegee. Julle sal oor al die mense heers. Met mense wat dit nie wil aanvaar nie, sal dit gaan soos met ’n porseleinpot wat met ’n yster in stukke geslaan word. Maar, vir elkeen wat volhou om My te dien, sal Ek ’n nuwe en wonderlike toekoms gee.