Revelation 2:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, aan hom sal Ek mag gee oor die nasies.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die een wat aanhou oorwin en enduit my werke praktyk maak, sal Ek bevoegdheid gee oor die nasies.
Afrikaans 1933/1953 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,
Afrikaans 1983 Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Aan wie oorwin, en enduit vashou aan wat Ek sê, “ ‘sal Ek mag gee oor die nasies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy oorwin en aanhou doen wat Ek wil hê, dan sal Ek vir jou sê jy mag oor die volke regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy wat hom deur niks laat stuit nie en tot heel aan die einde doen wat Ek wil hê, sal nie spyt wees nie. Ek sal sulke mense mag gee om oor die lot van al die mense op aarde te besluit.