Revelation 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het jy ook die wat die leer van die Nikolaïete vashou, wat ek haat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net so is daar in jou geledere ook aanhangers van die leer van die Nikolaïete wat ook só optree. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikola‹ete, wat Ek haat. |
| Afrikaans 1983 | So is daar onder julle dan ook mense wat die leer van die Nikolaïete aanhang en dieselfde sondes doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net so het jy ook mense wat die leer van die Nikolaïete aanhang, wat hulle op hierdie manier gedra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dieselfde gebeur daar by jou. Daar is ook party mense wat die dinge glo wat die Nikolaïete vir hulle leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle laat julle net so deur die Nikolaïete mislei. Julle eet maar alles wat hulle sê vir soetkoek op. |