Revelation 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê; Hy wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê. Elkeen wat aanhou oorwin, sal nié deur die tweede dood getref word nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Afrikaans 1983 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Dié wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Laat dié wat ore het, luister na wat die Gees aan die gemeentes sê. Wie oorwin, sal beslis nie deur die tweede dood skade ly nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees! As jy oorwin en aanhou glo, dan sal jy nie 'n tweede maal sterf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister mooi. Die Heilige Gees sê hierdie dinge vir julle. Die een wat enduit ’n Christen bly se liggaam mag wel een maal doodgaan, maar hy sal nooit die ewige lewe verloor nie. Daar is geen manier waarop die dood dáárdie lewe van hom kan wegvat nie.