Revelation 19:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy sê vir my: Skryf: Geseënd is die wat na die bruilofsmaal van die Lam geroep is. En hy sê vir my: Dit is die ware woorde van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die engel het toe vir my gesê: “Skryf: Geseënd is hulle wat na die bruilofsfees van die Lam uitgenooi is.” Hy sê toe ook aan my: “Die woorde wat van God af kom, is betroubaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die engel vir my: “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” Verder sê hy vir my: “Dit is die woorde van God, en hulle is waar.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die engel vir my: “Skryf dit neer: ‘Gelukkig is hulle wat uitgenooi is na die bruilofsfees van die Lam.’ ” Hy het ook vir my gesê: “Hierdie woorde van God is waar.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die engel het vir my gesê: “Jy moet skryf: ‘God het party mense genooi na die ete wanneer die Lam trou. Daardie mense is gelukkige mense!’ ” Die engel het ook vir my gesê: “God sê dit, en alles wat Hy sê, is waar!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En die engel sê toe vir my: “Skryf! Party mense is baie gelukkig. Dit is elkeen wat na die bruilofsfees van die Lam uitgenooi is. Daaraan hoef niemand te twyfel nie. Dit is absoluut waar, want God self sê dit.” |