Revelation 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en wit fyn linne, want die fyn linne is die geregtigheid van die heiliges.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy is toegelaat om fyn, helder skoon linne aan te trek.” Die fyn linneklere is die regverdige dade van hulle wat aan God toegewy is.
Afrikaans 1933/1953 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Afrikaans 1983 God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.” Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En sy is toegelaat om blink klere van suiwer, fyn linne aan te trek. Want dié linne is die regverdige dade van die heiliges. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het vir haar gesê sy mag mooi klere aantrek, klere wat blink en skoon is! Ja, die mooi klere is die goeie dinge wat die mense gedoen het, die mense wat aan God behoort.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “God het vir haar die mooiste wit rok gegee om aan te trek. Dit is van die fynste, kosbaarste, witste materiaal gemaak wat jy jou maar kan voorstel. Hierdie kosbare materiaal is eintlik gemaak van al die regte en goeie dinge wat God se mense gedoen het.”