Revelation 19:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het soos die stem van 'n groot menigte gehoor en soos die stem van baie waters en soos die stem van geweldige donderslae wat sê: Halleluja, want die Here God, die Almagtige, regeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ’n baie groot skare, soos die gedruis van baie waterstrome en soos die gerammel van swaar donderweer. Hulle het aanhou uitroep: “Halleluja! Die Here heers as koning, ons God, die Almagtige, |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. |
| Afrikaans 1983 | Ek het toe iets gehoor soos die geluid van 'n groot menigte, soos die gedruis van 'n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: “Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek het iets gehoor soos die klank van 'n groot skare, en soos die klank van baie waters, en soos die klank van swaar donderslae wat uitroep: “Halleluja! Die Here, ons God, die Almagtige, het sy koningskap opgeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek het iets gehoor. Dit was soos die stemme van baie mense en soos baie water wat raas en soos harde donderweer. Hulle het gesê: “Ons prys die Here, want Hy regeer! Ons God, die Almagtige, regeer! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het ek weer ’n groot skare hoor skree. Dit het soos ’n geweldige storm geklink met donderslae en reën wat neergiet: “Halleluja, prys God! Daar is niks wat die Here, ons God, nie kan doen nie. Hy heers oor almal. |