Revelation 19:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God wat op die troon sit, aanbid en gesê: Amen! Halleluja. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die 24 ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval in aanbidding voor God wat op die troon sit terwyl hulle aanhou sê: “Amen! Halleluja!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja! |
| Afrikaans 1983 | Die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het gekniel en God aanbid wat op die troon sit. Hulle het gesê: “Amen! Prys die Here!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval, en God wat op die troon sit, aanbid en gesê: “•Amen! Halleluja!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die 24 ouderlinge en die vier diere het gekniel en hulle het God aanbid, God wat op die troon sit. Hulle het gesê: “Amen! Ons prys die Here!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die 24 leiers van die kerk en die vier lewende wesens het vol eer en respek voor God neergesak. Hy het op sy troon gesit. Hulle het uitgeroep: “Laat alles net so wees! Prys God!” |