Revelation 19:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want waaragtig en regverdig is sy oordele, want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf, en die bloed van sy dienaars uit haar hand gewreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Betroubaar en regverdig is sy oordele, want Hy het die oordeel voltrek oor die groot prostituut wat die aarde met haar seksuele wanpraktyke besoedel het. Hy het die bloed van sy diensknegte wat sy laat vloei het, gewreek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek. |
| Afrikaans 1983 | Regverdig en reg is sy oordele, want Hy het die oordeel voltrek oor die sedelose vrou wat die aarde deur haar onsedelikheid verwoes het. Hy het die dood van sy dienaars op haar gewreek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waar en regverdig is sy oordele, want Hy het die groot prostituut veroordeel, sy wat die aarde met haar hoerery verlei het, en Hy het die bloed van sy diensknegte wat deur haar hand omgekom het, gewreek. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons prys Hom, want Hy doen altyd wat waar en reg is! Want Hy het Babilon, die groot prostituut, gestraf! Sy het onsedelik gelewe, sy het al die mense op die aarde sleg gemaak. Sy het die mense doodgemaak wat vir God gedien het, maar God het haar gestraf!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat Hy besluit, is altyd regverdig en soos dit regtig moet wees. Hy het besluit om die goddelose vrou, Babilon, te straf. Sy het mos met haar goddeloosheid mense heeltemal deurmekaargekrap en mislei. God het haar dubbel en dwars terugbetaal vir elkeen wat sy doodgemaak het omdat hulle Hom gedien het.” |