Revelation 19:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat julle die vlees van konings en die vlees van owerstes en die vlees van helde en die vlees van perde en van die wat daarop sit kan eet, en die vlees van alle mense, vrymense sowel as slawe, altwee klein en puik.
Afrikaans (NLV) 2011 Kom verslind die vleis van die konings en die vleis van die militêre aanvoerders, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, en ook die vleis van al die vry mense, slawe, klein en groot!”
Afrikaans 1933/1953 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
Afrikaans 1983 Kom eet die vleis van die konings, die vleis van die opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, ja, die vleis van allerhande mense: vryes en slawe, klein en groot.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) om die vleis van die konings en die vleis van die chiliarge te eet, die vleis van magtiges en die vleis van perde en hulle ruiters, die vleis van almal – vry mense sowel as slawe, geringes sowel as magtiges.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag die lyke van die konings eet, en die lyke van die generaals en die lyke van die belangrike mense, en die dooie perde en die lyke van die soldate wat op die perde gesit het. Ja, julle kan die lyke van al die mense eet, die lyke van die mense wat nie slawe is nie en die lyke van die mense wat slawe is, die lyke van die kinders en die lyke van die grootmense.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom saam vir die groot ete wat God vir julle voorberei! Kom vier fees op die liggame van regeerders, soldate, mense wat eers baie invloed gehad het. Ja, kom vreet die vleis van ruiters en perde. Of dit nou slawe of vry mense is, klein of groot, kom hou fees op hulle liggame.”