Revelation 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy oë was soos 'n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en hy het 'n naam laat opskrywe wat niemand geken het nie, behalwe hy self.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Op Hom was ’n Naam geskryf wat niemand anders as net Hyself geken het nie.
Afrikaans 1933/1953 En sy oë was soos 'n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het 'n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
Afrikaans 1983 Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was 'n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy oë was soos 'n vlammende vuur, en op sy kop was daar baie krone. En Hy dra 'n geskrewe Naam, wat niemand ken nie, behalwe net Hy self.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy oë was soos vuurvlamme, en daar was baie krone op sy kop. Daar was 'n Naam geskryf op Hom, niemand het die Naam geken nie, net Hyself het die Naam geken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy oë was soos vuurvlamme wat alles sien. Sy kop was vol krone soos heersers dra. Hy het ook ’n Naam gedra wat niemand geken het nie. Net Hy self het geweet wat dit beteken.