Revelation 19:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid. En hy sê vir my: Pas op, doen dit nie: Ek is jou mededienskneg en van jou broers wat die getuienis van Jesus het; aanbid God, want die getuienis van Jesus is die gees van profesie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het ek voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Hy sê egter vir my: “Oppas, moenie! Ek is net jou mededienskneg, en van al jou medegelowiges wat getuienis van hulle geloof in Jesus gelewer het. Buig neer in aanbidding voor God! Die kern van die profesie is inderdaad om van Jesus te getuig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek voor sy voete op my knieë neergeval om hom te aanbid. “Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges wat aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Aanbid God, want dit is Jesus wat die getuienis gelewer het, en dit is die Gees wat die profesie gegee het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Maar hy sê vir my: “Moet dit nie doen nie! Ek is net 'n mededienskneg saam met jou en jou broers wat die getuienis oor Jesus huldig. Aanbid God, want die getuienis oor Jesus is die gees van die profesie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek het voor die engel gekniel om hom te aanbid, maar hy het vir my gesê: “Jy moenie dit doen nie! Ek is ook 'n dienaar van God, soos jy en jou vriende. Ek glo ook in Jesus, soos julle. Jy moenie vir my aanbid nie, jy moet vir Gód aanbid! Want die dinge wat ons van Jesus glo, is die dinge wat al die profete sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sak toe op my knieë voor die engel neer om hom te aanbid. Dadelik sê hy: “Moenie dit doen nie! Ek is, net soos jy, ook net iemand wat God dien. Ek is net een van jou broers wat met oortuiging vir ander van Jesus vertel. Nee, aanbid God! Die boodskap oor Jesus is die boodskap wat die Heilige Gees van God self vir ons bring.” |