Revelation 19:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná hierdie dinge het ek 'n groot stem van baie mense in die hemel hoor sê: Halleluja! Verlossing en heerlikheid en eer en krag aan die Here onse God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het ek iets gehoor soos die magtige lied van ’n groot skare in die hemel wat sing: “Halleluja! Die verlossing, die heerlikheid en die krag behoort aan ons God! |
| Afrikaans 1933/1953 | En nhierdie dinge het ek iets soos 'n groot stem van 'n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! |
| Afrikaans 1983 | Hierna het ek iets gehoor soos die harde geluid van 'n groot menigte in die hemel wat uitroep: “Prys die Here! Die oorwinning, die heerlikheid en die mag behoort aan ons God! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierna het ek 'n harde klank gehoor, soos 'n groot skare, wat in die hemel jubel: “Halleluja! Die verlossing, die heerlikheid en die krag behoort aan ons God! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Na hierdie dinge het ek iets in die hemel gehoor. Dit was soos die stemme van baie mense. Hulle het gesê: “Ons prys ons God! Hy red ons! Hy is die Koning! Hy is baie sterk! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net hierna hoor ek uit die hemel ’n vreeslik harde lawaai. Dit het geklink soos ’n massa mense wat gelyk praat: “Halleluja, prys God! Ons God red ons, want Hy is sterker en belangriker as almal. |