Revelation 18:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die konings van die aarde wat gehoereer het en heerlik saam met haar gelewe het, sal haar ween en oor haar betreur as hulle die rook van haar brand sien,
Afrikaans (NLV) 2011 Die konings van die aarde wat seks met haar gehad het en hulle in weelderigheid gebaai het, sal huil en met groot droefheid reageer wanneer hulle die rook van haar uitgebrande liggaam sien.
Afrikaans 1933/1953 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,
Afrikaans 1983 Die konings van die aarde wat onsedelik met haar gelewe en hulle daarin verlustig het, sal huil en te kere gaan oor haar wanneer hulle die rook sien soos sy verbrand word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die konings van die aarde wat onsedelik met haar verkeer het en uitspattig geleef het, sal oor haar huil en rou wanneer hulle die rook van haar verbranding sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die konings van die aarde het onsedelik gelewe met die stad Babilon, en hulle het saam met haar duur goed gekoop. Maar hulle sal sien hoe sy brand, en hulle sal huil en kla oor haar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die regeerders van hierdie wêreld sal bitterlik oor haar huil as hulle die wolke rook sien wat uit die brandende stad opborrel. Hulle het mos saam met die stad geleef asof God nie daar is nie. Ja, saam met haar het hulle vieslik geleef.