Revelation 18:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal haar plae op een dag kom, dood en rou en hongersnood; en sy sal met vuur verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sal al haar plae haar op een dag oorweldig: dodelike siekte, smart en hongersnood. Sy sal deur vuur verteer word, want krágtig is die Here God wat haar oordeel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sal al die plae haar op een dag tref: pes, droefheid en hongersnood. Sy sal met vuur verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom sal die plae wat vir haar bedoel is, haar op een dag tref, dood en smart en hongersnood, en sy sal met vuur verbrand word; want magtig is die Here God, wat die oordeel oor haar gevel het. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal Ek haar op een dag baie maal straf: Sy sal pes kry, sy sal treur, sy sal honger wees, die Here God sal haar verbrand, want Hy straf haar en Hy is sterk!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja-nee, sy het daarna gesoek! Die rampe wat haar gaan tref, gaan haar op een dag saam tref. Sy gaan baie hartseer wees, sy gaan niks hê om te eet nie en die dood gaan sy wrede greep op haar kry. Sy sal met vuur tot op die grond afgebrand word. Ja, dit alles sal gebeur, want God is die Sterke. Hy is die Here. Hy is die Een wat sê wat met die stad gaan gebeur.” |