Revelation 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoeveel het sy haarself verheerlik en heerlik gelewe, soveel pyniging en droefheid gee haar, want sy sê in haar hart: Ek sit 'n koningin en is geen weduwee nie, en sal geen droefheid sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In dieselfde mate waarin sy haarself verheerlik en weelderig geleef het, moet julle haar ook pyn en smart aandoen. In haar hart spog sy: ‘Ek sit as ’n koningin op my troon. Ek is nie ’n weduwee nie; smart sal ek nooit ken nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na die mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie |
| Afrikaans 1983 | In die mate waarin sy gepronk en in wellus gelewe het, in dié mate moet julle haar pyn en droefheid aandoen. Sy sê by haarself: ‘Ek sit as koningin op my troon. Ek is nie weduwee nie, en treur sal ek nooit nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In dieselfde mate as wat sy haarself verheerlik en in weelde geleef het, moet julle haar ook pyn en smart aandoen. Want in haar hart sê sy, ‘Ek sit steeds as 'n koningin; ek is nie 'n weduwee nie, en smart sal ek beslis nie ervaar nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van daardie stad is soos 'n vrou wat haarself baie mooi gemaak het en baie duur goed gekoop het. Nou moet julle haar baie laat seerkry en baie laat swaarkry! Want sy sê vir haarself: ‘Ek is 'n koningin! Ek is nie 'n weduwee nie! Ek sal nooit huil en treur nie!’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het haar vreeslik belangrik gehou en ’n wilde, losbandige lewe gelei. Laat haar nou net soveel swaarkry en verdriet ly. Weet julle hoekom? Sy was die een wat vir haarself gesê het: ‘Hier sit ek, die groot heerser oor almal. Ek is nie alleen nie. Ek het baie wat agter my staan. Daar sal nooit trane van verdriet oor my wange loop nie!’ |