Revelation 18:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek ’n ander stem uit die hemel hoor sê: “Verlaat haar, my volk, sodat julle nie deel het aan haar sondes en haar plae julle nie ook tref nie.
Afrikaans 1933/1953 En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Afrikaans 1983 Toe het ek 'n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie aan haar sondes deel kry en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ek 'n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan weg van haar, my volk, sodat julle nie ook deelneem aan haar sonde nie, en julle haar plae nie oor julle bring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het ek gehoor dat Iemand in die hemel sê: “My volk, julle moet uitkom uit daardie stad! Dan sal julle nie sonde doen saam met die mense van die stad nie, en God sal julle nie saam met hulle straf nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net toe hoor ek iemand anders uit die hemel praat: “My volk, sorg dat julle uit die stad wegkom; gee pad, sodat julle nie met al daardie slegte dinge deurmekaarraak nie. Ja, gee pad sodat al haar rampe julle nie ook tref nie.