Revelation 18:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want al die nasies het gedrink van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde het met haar gehoereer, en die handelaars van die aarde is ryk geword deur die oorvloed van haar lekkernye. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die nasies het dronk geword van die dwelmdrank van haar seksuele wanpraktyke. Die konings van die aarde het ongeoorloofde seksuele verhoudings met haar gehad, en die handelaars van die aarde het ryk geword uit haar grenslose weelde.” |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid. |
| Afrikaans 1983 | omdat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het. Die konings van die aarde het onsedelik met haar verkeer, en die sakemanne van die aarde het ryk geword uit haar grenselose weelde.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die wellus van haar hoerery. Die konings van die aarde het onsedelik met haar verkeer, en die handelaars van die aarde het ryk geword uit die aantrekkingskrag van haar weelde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Babilon is plat op die grond, want sy was soos 'n prostituut! Die mense van al die volke het onsedelik met haar gelewe, hulle het aangehou, hulle wou meer en meer kry! Die konings van die aarde het onsedelik gelewe met haar en die handelaars van die aarde het ryk geword, want sy was sterk en het graag duur goed gekoop!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die mense van die aarde kon nie genoeg kry van haar verraad teen God nie. Hulle het dit soos wyn opgeslurp. Die regeerders, wat hulle mense moes lei, het die stad eerder gedien as vir God. Die sakemanne het miljoene gemaak uit haar lewe vol vieslikhede.” |