Revelation 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die stem van siters en sangers en fluitspelers en basuinspelers sal glad nie meer in jou gehoor word nie; en geen ambagsman, van watter ambag hy ook al is, sal meer in jou gevind word nie; en die geluid van 'n meulsteen sal glad nie meer in jou gehoor word nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Die geluid van siterspelers en sangers, van fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie. Geen ambagsman, van watter ambag ook al, sal ooit weer in jou gevind word nie. Die geluid van ’n meule sal nooit weer in jou gehoor word nie.
Afrikaans 1933/1953 En die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, en die geluid van die meul sal nooit meer in jou gehoor word nie.
Afrikaans 1983 Die musiek van siterspelers en sangers, van fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie. Geen ambagsman van watter ambag ook al sal ooit weer in jou gekry word nie. Die gedreun van 'n meul sal nooit weer in jou gehoor word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die klank van siterspelers en sangers, van fluitspelers en trompetblasers, sal nooit weer in jou gehoor word nie. En geen ambagsman van enige ambag sal ooit weer in jou gevind word nie. Ook die geluid van 'n meule sal nooit weer in jou gehoor word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand sal weer hoor dat iemand in die stad harp speel nie! Niemand sal weer hoor dat iemand daar sing nie! Niemand sal weer hoor dat iemand daar 'n fluit of 'n trompet blaas nie! Niemand sal weer hoor dat 'n ambagsman daar werk nie! Niemand sal weer hoor hoe iemand daar koring maal nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal net mooi niks oorbly nie, nie eens een musiekinstrument nie; nie eens ’n enkele ding wat iemand maak of bou nie; nie ’n korreltjie meel nie; ja, niks nie!