Revelation 18:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n magtige engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So sal die groot stad Babel met geweld neergewerp word en glad nie meer gevind word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ’n baie sterk engel ’n yslike rots, so groot soos ’n maalklip, gevat en dit in die see gegooi en gesê: “Net so gewelddadig sal neergegooi word Babilon, die groot stad, en niemand sal dit ooit weer vind nie.
Afrikaans 1933/1953 En een sterk engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met 'n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.
Afrikaans 1983 Toe het 'n sterk engel 'n groot klip, so groot soos 'n meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê: “So, met geweld, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word, en niemand sal hom ooit weer kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het een sterk engel 'n klip, soos 'n groot maalklip van 'n donkie, opgetel en dit in die see gegooi en gesê: “Net so, met geweld, sal die groot stad Babilon neergegooi word, en sy sal nooit weer gevind word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Sterk engel het 'n klip opgetel, die klip het soos 'n groot maalklip gelyk. Hy het die klip in die see gegooi en gesê: “God sal vir Babilon ook so gooi! Sy sal hard val, en die mense sal haar nooit weer sien nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar kom toe ’n engel wat baie sterk was. Hy vat ’n groot rots en gooi dit in die see. Hy kondig toe aan: “So, soos hierdie rots, sal die groot stad Babilon met mening neergegooi word. Soos die rots sal dit vir ewig verdwyn.