Revelation 18:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verheug jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete! want God het jou op haar gewreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees uitgelate oor haar val, hemel, en julle wat aan God gewy is, apostels en profete! God het die oordeel wat julle uitgespreek het, inderdaad oor haar gebring.
Afrikaans 1933/1953 Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!
Afrikaans 1983 Verheug jou daaroor, hemel, en julle, gelowiges, apostels en profete! God het die oordeel waarmee sy julle getref het, oor haar voltrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juig oor haar, hemel, •heiliges, •apostels en profete! God het julle oordeel oor haar voltrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die hemel moet juig! En al die mense wat aan God behoort, moet juig! En die apostels en die profete moet juig! Want Babilon het vir júlle gestraf, maar nou het God háár gestraf!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die hemel moet almal bly wees oor wat met die stad gebeur. Al God se mense, die mense wat Hy uitgestuur het om vir Hom te werk, hulle wat sy Woord moet verkondig, moet net so bly wees. God het haar immers gestraf oor wat sy aan hulle gedoen het.