Revelation 18:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het kragtig met 'n sterk stem uitgeroep en gesê: Geval, geval het Babilon, en het 'n woonplek van duiwels geword en 'n houvas van elke onreine gees en 'n hok van elke onrein en haatlike voël. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het met ’n kragtige stem uitgeroep: “Geval, geval het die grote Babilon! Dit het die wegkruipplek geword van die bose geeste, ’n skuilplek van elke onrein gees, ’n nes van elke onrein roofvoël en van haatlike diere. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, |
| Afrikaans 1983 | Hy het met 'n sterk stem uitgeroep: “Geval, geval het die grote Babilon. Dit het die blyplek van die bose geeste geword, die skuilplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roofvoëls en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het met 'n kragtige stem uitgeroep: “Geval, geval het Babilon die Grote! Sy het 'n woonplek vir demone geword, 'n skuilplek vir elke onrein gees, 'n skuilplek vir elke onrein voël, en 'n skuilplek vir elke onrein en veragtelike dier, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die engel het hard geskree en gesê: “ Babilon, die groot stad, is afgebreek en plat! Ja, dit is plat! Die duiwels woon nou daar, al die onrein geeste kom daar bymekaar, al die onrein voëls kom daar bymekaar, al die onrein diere kom daar bymekaar, mense hou niks van daardie diere nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy skree toe: “Dit is verby met daardie belangrike stad Babilon. Sy word met die grond gelykgemaak. Dit het ’n spookdorp geword, vol demone. Oral het bose geeste hulle intrek geneem. Allerhande vieslike vlieënde goed het daar kom nes maak. Diere waarvan God niks hou nie, het daar opgedaag. Al hierdie goed is regtig vieslik en haatlik! |