Revelation 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het stof op hul koppe gegooi en geween en geklaag en gesê: Wee, helaas, die groot stad waarin almal wat skepe op die see gehad het, ryk gemaak is vanweë haar duur! want in een uur is sy verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe stof op hulle koppe gestrooi en dit uitgeskreeu. Huilend en in rou gedompel, het hulle aanhou sê: “Hoe vreeslik, hoe vreeslik is dit tog vir die groot stad! Almal wat skepe besit op die see, het hulle verryk uit haar bates. In een enkele uur is sy verwoes.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes! |
| Afrikaans 1983 | Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskreeu. Hulle het gehuil en gekerm en gesê: “Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad! Almal wat skepe op see het, het ryk geword van haar skatte. In een oomblik is sy verwoes!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle het stof op hulle koppe gestrooi en geskree, terwyl hulle huil en rou en sê: “Wee, wee jou, groot stad, deur wie se skatte almal wat skepe op see besit, ryk geword het. Want binne 'n oomblik is sy uitgewis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En hulle het stof op hulle koppe gegooi en gehuil en gekla. Hulle het gesê: “Dit gaan sleg met die Groot Stad! Baie sleg! Sy was ryk en sy het almal ryk gemaak wat skepe op die see het. Maar God het haar in een uur leeggemaak!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om te wys hoe hartseer hulle regtig was, het hulle stof oor hulle gegooi. So deur die trane en snikke het hulle gesê: “Hoe ellendig, hoe verskriklik is dit tog nie! Kyk na die magtige stad. Almal wat skepe op die see gehad het, het skatryk geword. Daarvoor het sy gesorg. En nou, met een veeg van sy hand, het God ’n einde aan alles gemaak.” |