Revelation 18:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want in een uur het so groot rykdom tot niet geraak. En elke skeepshoof, en die hele menigte op skepe, en matrose en almal wat op see handel dryf, het van ver af gestaan, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In een enkele uur is soveel rykdom uitgewis!” Elke stuurman en elkeen wat per skip iewers heen vaar, die matrose en almal wat van die see afhanklik is, het op ’n afstand gaan staan, |
| Afrikaans 1933/1953 | En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan |
| Afrikaans 1983 | In een oomblik is soveel rykdom verwoes!” Al die skeepskapteins en almal wat êrens heen vaar, die matrose en almal wat van die see lewe, het ver weg gestaan |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want binne 'n oomblik is soveel rykdom uitgewis! ” Elke stuurman, en elkeen wat iewers heen vaar, die matrose en hulle wat 'n lewe maak uit die see, het op 'n afstand gestaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar in een uur het God die stad leeggemaak, die stad wat so ryk was!” Die kapteins van die skepe het ver gaan staan, en ook almal op die skepe en al die matrose en almal wat op die skepe werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In ’n enkele oogwink sorg God dat daar van al hierdie rykdom en weelde niks oorbly nie.” Die skeepskapteins, matrose en almal wat iets met die see te doen het, het van ver af gestaan en kyk. |