Revelation 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vrugte waarna jou siel begeer het, het van jou gewyk, en alles wat lekker en goed was, het van jou gewyk, en jy sal dit glad nie meer vind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sê: “Hierdie luukse waarna jy in jou diepste binneste gesmag het, is jou nou ontneem. Al die weelderige en blink dinge is nou vir jou verlore en hulle sal dit nêrens en nooit weer vind nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.
Afrikaans 1983 Daar sal gesê word: “Hierdie produkte wat die lus van jou lewe was, is nou daarmee heen. Al die weelde en skittering is nou vir jou verlore en sal nêrens en nooit meer gevind word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En die vrug van jou hartsbegeerte is jou nou ontneem. Al die weelde en luukshede is nou vir jou verlore; dit is beslis nie meer te vinde nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Babilon, jy het gehou van baie goed, maar nou is dit alles weg, al die duur goed, al die blink goed, jy sal dit nooit weer sien nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Alles waarvoor julle geleef het, is daarmee heen. Dit wat julle so graag wou hê, is weg. Al die spoggerige luukshede het soos dou voor die oggendson verdwyn; dit is vir altyd weg!”