Revelation 18:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en kaneel en reuke en salf en wierook en wyn en olie en fynmeel en koring en diere en skape en perde en strydwaens en slawe en siele van mense.
Afrikaans (NLV) 2011 kaneel en speserye, wierook, reukolie en reukwater, wyn en olyfolie, meel en koring, beeste en skape, perde, rytuie en slawe — sy het selfs met menselewens gesmous.
Afrikaans 1933/1953 en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele.
Afrikaans 1983 kaneel en speserye, wierook, reukolie en reukwater, wyn en olyfolie, koring en meel, beeste en skape, perde, waens en slawe en selfs die lewens van mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) kaneel en speserye, reukwerk, reukolie en wierook, wyn en olyfolie, meel en koring, beeste en skape, perde, rytuie, slawe, en ook menselewens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, niemand koop die handelaars se kaneel, speserye, wierook, lekkerruik-olie, speserye wat lekker ruik, wyn, olyf-olie, die beste meel, koring, beeste, skape, perde, waens, slawe en mense nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) kaneel, speserye en verskillende kruie wat lekker ruik, soos mirre en wierook. Aan eetgoed is daar ook nie ’n tekort nie. Duur kos, olie, wyn, meel en koring is vrylik beskikbaar. Selfs diere soos beeste, skape en perde kan ’n mens daar kry en daar is tot perdekarre! Om nie eens te noem dat ’n mens selfs mense daar kan koop nie: ja, daar is selfs slawe beskikbaar.