Revelation 18:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) staan van ver af uit die vrees vir haar pyniging en sê: Wee, helaas, die groot stad Babel, daardie magtige stad! want in een uur kom u oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat haar pyniging hulle die skrik op die lyf jaag, sal hulle ver weg gaan staan terwyl hulle sê: “Hoe vreeslik, hoe vreeslik is dit tog vir die groot stad Babilon, die magtige stad! Binne een uur het die oordeel jou getref!”
Afrikaans 1933/1953 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!
Afrikaans 1983 Hulle sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word, en sal sê: “Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad, Babilon, die sterk stad! In een oomblik het die oordeel oor jou gekom!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal uit vrees vir haar foltering op 'n afstand staan en sê: “Wee, wee jou, groot stad, Babilon, magtige stad, binne 'n oomblik het jou oordeel aangebreek!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal ver staan en kyk, want hulle sal bang wees dat God hulle ook sal straf. En hulle sal sê: “Dit gaan sleg met die Groot Stad! Baie sleg! Dit gaan sleg met Babilon, die sterk stad! God het haar vinnig gestraf, Hy het haar in een uur gestraf!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal haar nie gaan help nie, maar net van ver af staan en kyk. Hulle is te bang hulle gaan net so swaarkry soos sy. Hulle sal net sê: “Ag, genugtig; hoe jammer! Die groot, belangrike stad; die sterk stad Babilon! Ai, kyk net; in ’n enkele oomblik het jy reguit in God se straf vasgeloop!”