Revelation 17:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die engel het vir my gesê: Waarom was jy verwonderd? Ek sal jou die verborgenheid vertel van die vrou en van die dier wat haar dra, wat die sewe koppe en tien horings het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die engel sê toe vir my: “Waarom is jy so verwonderd? Ek sal jou vertel wat die misterie van hierdie vrou is, en van die monster met die sewe koppe en tien horings wat haar ronddra.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.
Afrikaans 1983 Die engel sê toe vir my: “Waarom verwonder jy jou? Ek sal jou vertel wat die verborge betekenis is van die vrou en van die dier wat haar dra, wat die sewe koppe en die tien horings het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die engel sê toe aan my: “Waarom is jy so verbaas? Ek sal die misterie aan jou verduidelik van die vrou, en die dier met sy sewe koppe en tien horings wat haar dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die engel het vir my gesê: “Hoekom is jy verbaas? Ek sal vir jou vertel wat beteken die vrou en die dier wat haar dra, die dier wat sewe koppe en tien horings het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die engel sê toe vir my: “Hoekom is jy so verbaas? Ek sal die geheim vertel van die vrou en die dier met die sewe koppe en tien horings wat haar dra.