Revelation 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het die vrou dronk gesien van die bloed van die heiliges en van die bloed van die martelare van Jesus, en toe ek haar sien, het ek my met groot bewondering verwonder.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ook gesien dat die vrou dronk was van die bloed van hulle wat aan God toegewy is, van die bloed van hulle wat getuies van Jesus is. Ek het haar aangestaar, geheel en al verwonderd.
Afrikaans 1933/1953 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Afrikaans 1983 En ek het gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed van die mense wat vir Jesus getuig het. Toe ek haar sien, het ek my baie verwonder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het ook gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die •heiliges, en van die bloed van die getuies van Jesus. Toe ek haar sien, was ek uitermate verbaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesien dat die vrou dronk is, want sy het die bloed gedrink van die mense wat aan God behoort, die mense wat gesterf het omdat hulle in Jesus glo. Ek was baie verbaas toe ek die vrou sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het mooi gekyk en gesien dat die vrou dronk was. Ja, sy was dronk van al die bloed van God se mense en die mense wat doodgemaak is omdat hulle Jesus Christus gedien het. My mond het oopgehang toe ek haar sien. Ek kon my oë nie glo nie!