Revelation 17:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: VERborgenheid, DIE GROTE BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN gruwels van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 Op haar voorkop was ’n geheimsinnige naam geskryf: “Groot Babilon, die moeder van dié wat seksuele wanpraktyke beoefen en van die losbandighede op die aarde.”
Afrikaans 1933/1953 en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.
Afrikaans 1983 Op haar voorkop was haar naam geskrywe en dit het 'n verborge betekenis. Die naam was: “Groot Babilon, die moeder van die sedeloses en van die losbandigheid op die aarde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En op haar voorkop was 'n naam geskryf, 'n misterie: “Babilon die Grote, die moeder van die prostitute, en van al die afskuwelikhede van die aarde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op haar voorkop was daar 'n naam geskryf wat niemand verstaan het nie. Daar was geskryf: “Groot Babilon, die ma van al die prostitute, die ma van al die slegte dinge wat op die aarde is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het ook ’n naam gehad wat op haar voorkop geskryf was. Dit het ’n geheime betekenis gehad. Daar het gestaan: “Babilon, die groot en beroemde stad. Die moeder van alle mense wat hulle rug vir God draai en hulle met die vieslikhede van hierdie wêreld besig hou.”