Revelation 17:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vrou was bekleed met purperrooi en bloedrooi kleur en versier met goud en edelgesteentes en pêrels, met 'n goue beker in haar hand vol gruwels en die vuilheid van haar hoerery;
Afrikaans (NLV) 2011 Die vrou het pers en bloedrooi klere aangehad en was getooi met goud, kosbare stene en pêrels. In haar hand het sy ’n goue beker gevul met vieslikhede en die onrein dinge van haar seksuele wanpraktyke vasgehou.
Afrikaans 1933/1953 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;
Afrikaans 1983 Die vrou was uitgedos in pers en helderrooi klere en opgetooi met goud, edelstene en pêrels. In haar hand het sy 'n goue beker vol losbandigheid gehad, die onreinheid van haar onsedelikheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vrou het purperrooi en helderrooi klere gedra, en was versier met goud, edelstene en pêrels. In haar hand het sy 'n goue beker gehou, vol afskuwelikhede, en die onrein dinge van haar hoerery.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vrou het klere gehad wat pers en baie rooi was. Sy het baie goud en juwele en pêrels gedra. In haar hand was 'n goue beker. Die goue beker was vol slegte en onrein dinge, dit was vol onsedelike dinge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vrou was in pers en rooi klere uitgedos. Sy het ook pragtige juwele gedra: dit was alles van goud, pêrels en ander duur edelstene. Geld en rykdom was al wat vir haar belangrik was. In haar hand het sy ’n goue beker vasgehou. Die beker was propvol van haar vieslikhede en vuil onsedelikheid. Vir God was dit walglik.