Revelation 17:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het my in die gees weggevoer na die woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol name van godslastering, met sewe koppe en tien horings.
Afrikaans (NLV) 2011 Die engel het my toe deur die Gees meegevoer na die woestyn toe. Daar het ek ’n vrou gesien wat op ’n bloedrooi monster sit. Die monster was aan alle kante vol godslasterlike name geskryf, en hy het sewe koppe en tien horings gehad.
Afrikaans 1933/1953 En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
Afrikaans 1983 Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na die woestyn toe geneem. Daar het ek 'n vrou gesien wat op 'n helderrooi dier sit. Die dier was oortrek met godslasterlike name en het sewe koppe en tien horings gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is deur die Gees meegevoer na 'n woestyn, en het daar 'n vrou sien sit op 'n helderrooi dier, wat oortrek was met godslasterlike name, en wat sewe koppe en tien horings het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Gees het in my gekom en die engel het my na die woestyn geneem. En ek het 'n vrou gesien wat sit op 'n dier wat baie rooi was. Daar was name geskryf op die dier, name wat vir God gelaster het. Die dier het sewe koppe en tien horings gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die engel vat my toe die woestyn in. Ek was baie bewus van die Heilige Gees by my. Daar in die woestyn sien ek toe ’n beeld van die stad wat lyk soos ’n vrou. Sy het op ’n bloedrooi dier gesit. Die dier was oortrek met die vieslikste vloekwoorde wat God baie lelik beledig het. Die dier het sewe koppe gehad en tien horings. Hy het nogal in die oë van mense baie sterk gelyk.