Revelation 17:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde dronk gemaak is van die wyn van haar hoerery.
Afrikaans (NLV) 2011 Die konings van die aarde het ongeoorloofde seks met haar gehad, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar seksuele wanpraktyke.”
Afrikaans 1933/1953 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
Afrikaans 1983 en met wie die konings van die aarde onsedelik verkeer het. Die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar onsedelikheid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die konings van die aarde het met haar gehoereer, en die aardbewoners het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die konings van die aarde het onsedelik gelewe met haar. Ja, die mense van die aarde het onsedelik gelewe met haar. Dit was baie lekker vir hulle, sy was soos wyn wat mense dronk maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het die stad na die belangrike leiers van die wêreld gevry. Dit het die mense oor die hele wêreld so bedwelm soos te veel wyn ’n mens bedwelm. Net soos die stad het hierdie mense ook nie belanggestel om God te dien nie. Hulle het eerder gedoen wat die stad wou hê.”