Revelation 17:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar woes en naak maak en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 En die tien horings wat jy gesien het en die monster, hulle sal die prostituut haat en haar kaalgestroop en verlate maak. Hulle sal haar vleis opeet en haar met vuur verskroei.
Afrikaans 1933/1953 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Afrikaans 1983 “Die tien horings wat jy gesien het, en die dier, hulle sal die sedelose vrou haat en haar kaal en verlate maak. Hulle sal haar vleis opeet en haar met vuur verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die tien horings wat jy gesien het, en ook die dier, sal die prostituut haat, en haar kaal en verlate maak. Hulle sal haar vleis eet, en haar met vuur verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy het tien horings gesien. Die tien horings en die dier sal die prostituut haat. Hulle sal sê dat almal haar moet los. Hulle sal haar kaal maak en hulle sal haar eet en haar verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tien horings (dit is mos die tien regeerders) wat jy gesien het en die rooi dier sal niks vir die slegte vrou voel nie. Hulle sal haar molesteer en sonder ’n draad klere aan laat lê. Dan sal hulle haar met hulle tande uitmekaarskeur en opeet. Wat oorbly, sal hulle met vuur verbrand.