Revelation 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal oorlog voer teen die Lam, en die Lam sal hulle oorwin, want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings; en die wat saam met Hom is, is geroepe en uitverkore en getrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal teen die Lam oorlog maak, maar die Lam — saam met dié wat Hy geroep en uitverkies het en wat betroubaar is — sal hulle oorwin, want Hy is die Here van die heersers en die Koning van die konings.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam sal hulle oorwin, omdat Hy die Heerser van die heersers en die Koning van die konings is, en saam met Hom is die geroepenes, uitverkorenes en getroues.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal oorlog maak teen die Lam, maar die Lam sal hulle oorwin, want die Lam is die Here van almal wat regeer en Hy is die Koning van al die konings. Hy het mense gekies om aan Hom te behoort, en daardie mense sal altyd in Hom glo.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal saam oorlog maak teen die Lam, maar die Lam sal hulle ’n goeie pak slae gee. Die Lam is die regeerder van al die regeerders. Al sy mense kan weet dat Hy hulle spesiaal na Hom toe geroep het. Hulle is spesiaal gekies en het aan Hom getrou gebly.” |