Revelation 17:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koninkryk ontvang het nie; maar ontvang mag as konings een uur saam met die dier.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie heerskappy ontvang nie, maar kry saam met die monster een uur lank gesag as konings.
Afrikaans 1933/1953 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
Afrikaans 1983 “Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie die koningskap gekry nie, maar hulle kry saam met die dier een uur lank gesag as konings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie die koningskap ontvang nie, maar hulle het vir een uur lank saam met die dier volmag, soos konings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy het tien horings gesien. Dit is tien konings. Hulle het nog nie begin regeer nie. Hulle sal mense kry om oor te regeer, maar hulle sal net een uur lank regeer. Hulle sal saam met die dier regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die tien horings wat jy gesien het, is die tien regeerders wat nog nie begin regeer het nie. Hulle sal saam met die dier ’n uur lank soos konings kan regeer.