Revelation 17:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die dier wat was en nie is nie, selfs hy is die agtste, en is van die sewe, en gaan na die verderf.
Afrikaans (NLV) 2011 En die monster wat eers was en nie meer is nie, is self die agtste koning. Hy hoort by die sewe, en is op pad na sy vernietiging toe.
Afrikaans 1933/1953 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.
Afrikaans 1983 Die dier wat eers was en nie nou is nie, is self die agste. Hy hoort by die sewe en gaan na die verderf toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die dier wat eers was, maar nie nou is nie, is self die agtste; hy kom uit die sewe voort, en is op pad na sy ondergang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dier wat voorheen gelewe het en wat nie nou lewe nie, is die agste koning, maar hy is ook een van die eerste sewe konings. God sal hom doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan is daar die dier wat in die verlede daar was, maar nou van die toneel verdwyn het. Hy is deel van sy sewe voorgangers, maar is tegelyk die agtste regeerder. Hy is op pad om sy moses teë te kom. Hy gaan vernietig word.