Revelation 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die mense is deur groot hitte verskroei en die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hulle nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense is deur ’n hewige gloed geskroei en hulle het die Naam van God gevloek wat mag het oor hierdie plae. Hulle het egter nie tot inkeer gekom en aan Hom eer betoon nie.
Afrikaans 1933/1953 En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
Afrikaans 1983 Die mense is deur 'n groot hitte gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het. En hulle het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense is deur 'n versengende hitte geskroei, en hulle het gelaster teen die Naam van God, wat mag oor hierdie plae het. Nogtans het hulle hulle nie bekeer, en aan Hom heerlikheid bewys nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die son was baie warm en dit het die mense baie seer gebrand. Maar hulle het vir God gelaster, vir God wat al die strawwe gestuur het. En hulle het nie gelewe soos God wil hê nie en hulle het nie vir God geëer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het gevloek en God uitgeskel. Hy is mos die een wat hierdie dinge laat gebeur. Tog het hulle God nie begin dien nie. Hulle wou nie erken dat Hy regtig die belangrikste van almal is nie.