Revelation 16:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het 'n ander een van die altaar af hoor sê: Net so, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe vanuit die rigting van die altaar iemand hoor sê: “Ja, Here God, die Almagtige, betroubaar en regverdig is u oordele.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor sê: “Ja, Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het ek die engel van die altaar hoor sê: “Ja, Here God, Almagtige, u oordele is betroubaar en regverdig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek het gehoor iemand by die altaar in die hemel sê: “Ja, Here God, U wat alles kan doen, die dinge wat U besluit, is altyd waar en reg!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit die rigting van die altaar hoor ek toe: “Ja, Here God. Daar is niks wat U nie kan doen nie en daar is niemand so sterk soos U nie. As U iets besluit, is dit soos dit moet wees. U maak nooit ’n fout met ’n oordeel nie.” |