Revelation 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het die engel van die water hoor sê: U is regverdig, Here, wat is en wat was en sal wees, omdat U so geoordeel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek die engel wat gesag oor die waters voer, hoor sê: “U is regverdig, U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U oor hierdie dinge u straf voltrek het;
Afrikaans 1933/1953 En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
Afrikaans 1983 Toe het ek die engel wat oor die water toesig hou, hoor sê: “U is regverdig, U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ek die engel van die water hoor sê: “U is regverdig, U wat is en wat was, die Heilige, omdat U oor hierdie dinge geoordeel het;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hoor ek die engel wat regeer oor die water, praat. Hy het gesê: “O Heilige God, U is daar en U was altyd daar! U doen altyd wat reg is, want U het almal ge-oordeel!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die engel wat vir water moes sorg, sê toe: “U straf hierdie mense regverdig. Want U was altyd daar en is nog daar. U is die Gans Andere. Niemand is soos U nie! Hierdie slegte mense het die mense wat aan U behoort, doodgemaak.